Pretoria Christen Gemeente
Kieslys

Welkom by Pretoria
Christen Gemeente

Klik op die skakel as jy wil weet wat PCG leer. 
Sien ons geloofsbelydenis

Wie ons is

Pretoria Christen Gemeente is 'n kerkplant vanuit Midrand Christen Gemeente. Midrand is in April 2008 geplant. In Januarie 2014 het Frank de Wet as pastoor aangesluit. In Februarie 2019 het Midrand 15 gesinne saam met pastoor Matt Viljoen en ouderling Hanrias Brink gestuur om 'n gemeente in Pretoria Oos te plant, die gebied waaruit die meeste van daardie gesinne afkomstig is.

Besoek Ons

Sluit Sondae om 09:00 soggens aan by Casa Social de Madeira, Pretoria Oos
Vind ons op die kaart

Verklarende Predeking

Ons erken dat die Bybel die enigste ware Woord van die Lewende God aan die mens is
Luister na ons preke

Skakel Ons

Benodig u gebed, berading of het u vrae? Skakel ons ouderlinge. Ons wil help.
Kontak ons
Is Christus jou Here? 
Jou lewe? En jou liefde?

Ons Ouderlinge

Matt and Tina Viljoen

Matt Viljoen

Matt en Tina is woonagtig in Centurion. Hulle is in 1987 getroud en het twee kinders. Elmien is in 1990 en Lida in 1992 gebore. Beide dogters is getroud en het Matt en Tina sover met 8 kleinkinders geseën. Matt het 'n MDiv verwerf aan The Masters' Seminary in Kaliforniä In 2008 is hy betrokke by die plant van Midrand Christen gemeente, waar hy vir 11 jaar dien as leraar. In Februarie 2019 is hy betrokke by die nuwe kerkplant in Pretoria Oos genoem Pretoria Christen Gemeente waar hy, Hanrias en Dries tans as ouderlinge en predikers dien.

Hanrias Brink

Hanrias en Jacolien is woonagtig in Pretora Hulle is in 1997 getroud en geseën met 7 kinders: Clarize (2000), Talia (2003), Larah (2007), Zac (2010), Weber (2012), Tamar (2012), en David (2018). Hanrias is 'n besigheidsman. Hulle is deel van Midrand Christen Gemeente sedert 2015. In 2019 plant hy saam met Matt Pretoria Christen Gemeente in Pretoria-Oos. Hy verwerf sy Meestersgraad in Bybelkunde by die Masters' University in 2020.
Hanrias and Jacolien Brink
Dries and Louise Visser

Dries Visser

Dries en Louise Visser is woonagtig in Pretoria. Hulle is in 2005 getroud en hulle dogter, Lujah, is gebore in 2014. Dries is n prokureur en is vir die laaste 7 jaar in kerk leierskap. Hy het by Pretoria Christen gemeente aangesluit in Februarie 2021.
Pretoria Christen Gemeente
2025
  Pretoria Christen Gemeente. Alle regte voorbehou. 
Privacy Policy
Maak klets oop
💬 Het jy hulp nodig?
Hallo 👋
Hoe kan ons jou help?